Jagersbosch

Diens, want ons
gee om

“Ek voel die vermoë om om te gee is die ding wat die lewe sy diepste betekenis gee.”

Pablo Casals

Die Waenhuis

Die Stilbaai-Jongensfontein-Melkhoutfonteingebied bevat baie bejaardes, sowel as minderbevoorregte inwoners wat desperaat is vir die hulp wat die Jagersbosch Versorgingsdienste bied.

Jagersbosch is ‘n nie-winsgewende organisasie waarvan die voortbestaan bedreig word deur die vermindering van regering subsidies. So ook die hoë inflasiekoers en afwaartse ekonomiese toestand in die land.

Ons het die volgehoue ondersteuning van die gemeenskap, asook die besighede en organisasies in die gebied broodnodig.

Verder besef ons ook dat ons gebruik moet maak van elke moontlike geleentheid om te probeer om fondse vir ons organisasie in te samel. Om hierdie rede wend ons die fasiliteite wat ons het tot die uiterste aan om so ekstra inkomste te genereer.

Die Waenhuis speel ‘n belangrike rol by die insameling van fondse vir Jagersbosch. Die saal, die goedtoegeruste kombuis, sowel as die opgeleide en ervare voedselvoorbereidingspan, bied inderwaarheid ‘n ideale geleentheid t.o.v. fondsinsameling.

Funksies

Ouer afgetrede persone kom al hoe meer onder groter finansiële druk soos versorgingsdienste al hoe duurder word. Daarom lewer nie-winsgewende diensverskaffers soos Jagersbosch ‘n lewensnoodsaaklike funksie in die ouer gemeenskappe. Die broodnodige Staatsubsidies om Gemeenskapsdienste te lewer gaan verminder en organisasies gaan al hoe meer op die ondersteuning van gemeenskap sal moet staatmaak om die tekort aan inkomste te oorbrug.

Jagersbosch as ‘n nie-winsgewende organisasie is op onsself en ons gemeenskap aangewese vir ons bedryfskostes. Om inkomste aan te vul is daar is jaarlikse fondsinsameling aktiwiteite soos Jagersbosch se basaar, die Sakekamer se Visete en die Stilbaai Mannekoor optrede.

Fondsinsamelingsaktiwiteite

Jagersbosch organiseer verskeie ad-hoc aktiwiteite gewoonlik op Vrydae, naweke en vakansie dae soos die verkoop van pannekoeke, vetkoeke, burgers, wors rolletjies en kerrie en rys asook die tema etes by die Waenhuis. U ondersteuning is krities vir die volhoubaarheid van Jagersbosch

U kan ook bydrae tot hierdie aktiwiteite deur te help met die voorbereiding, bak en verkope. Skenkings vir die aankoop van die nodige verpakking kruideniersware items of donasies is baie welkom, sonder die hulp van vrywilligers is dit bykans onmoontlik om inkomste te genereer.

Verhuring van Die Waenhuis

Die Waenhuis in Stilbaai is geskik vir aktiwiteite soos funksies, vergaderings, konferensies en ander sosiale geleenthede. Dit is ook baie gewild vir klein troues, verjaarsdagvierings, huweliksherdenkings, en so meer. Die Jagersbosch kombuis word nie verhuur nie maar kan op aanvrag die spyseniering van u Funksie hanteer.

Skakel Die Waenhuis by 028-754-3489 vir die huur van die fasiliteit en toerusting.

Diens,
want ons gee om