“Die ware betekenis van die lewe is om bome te plant in die skaduwee waarvan jy nie verwag om te sit nie.”
Nelson Henderson
Ouer afgetrede persone kom al hoe meer onder groter finansiële druk soos versorgingsdienste al hoe duurder word. Daarom lewer nie-winsgewende diensverskaffers soos Jagersbosch ‘n lewensnoodsaaklike funksie in die ouer gemeenskappe. Die broodnodige Staatsubsidies om Gemeenskapsdienste te lewer gaan verminder en organisasies gaan al hoe meer op die ondersteuning van gemeenskap sal moet staatmaak om die tekort aan inkomste te oorbrug.
Donasies
U donasies help ons om ons uitstekende dienste voort te sit en volhoubaar te bly deur:
Geldelike bydraes
Erflatings
Skenkings van verkoopbare items
Lewering van dienste op vrywillige basis
Borg van lidmaatskap en etes aan hulpbehoewende ouer persone
As ‘n goedgekeurde geregistreerde nie-winsgewende organisasie kwalifiseer geldelike donasies aan Jagersbosch natuurlik vir belastingverligting. Kontak ons kantoor vir meer inligting hieroor.
Sec 21 Co as INC – FR No: 005-749 – NPO
By voorbaat dankie vir u hulp. Ons is uiters afhanklik van die goedgesindheid van mense met omgeeharte. Mense soos u is die wind in ons seile!
Bankbesonderhede
Donasies kan elektronies of by die bank in die Jagersbosch-tjekrekening inbetaal word.
Bank: ABSA-tjekrekening Rekeningnommer: 405 064 95 89 Takkode: 334613 Stilbaai Verwysing: Naam en van of Organisasie / Lidmaatskap of faktuurnommer en rede vir inbetaling.