Jagersbosch verskaf ‘n 24-uur Noodroepdiens vir sy lede. Lede kan hierdie nommer enige tyd skakel indien daar ‘n gesondheidsnoodsituasie by die huis ontstaan. Let asseblief daarop dat hierdie net ‘n ondersteuningsdiens is, en nie ‘n paramediese diens nie. ‘n Versorger sal ‘n lid wat hierdie diens nodig kry, so gou as moontlik besoek en bystaan totdat toepaslike hulp arriveer.
Spoedig na aansluiting sal ‘n geregistreerde suster, asook ‘n geregistreerde maatskaplike werker die lid besoek. Die doel van die besoek is om die persoon se gesondheids-, sowel as geestelike behoeftes te bepaal.
Hierna word ‘n besoekskedule vir die lid bepaal wat wissel van daaglikse, weeklikse, maandelikse, kwartaallikse of jaarlikse besoeke na gelang van hul bepaalde behoeftes.
Jagersbosch se primêre gesondheidsorgdienste aan lede sluit die volgende in:
Gereelde besoeke
Bloeddruk
Voetsorg
Wondversorging
Verhuring van toerusting
Katetersorg
Noodroepnommer
Cholesterol
Bloedsuiker
Tuiswasse of -baddens
Vervoer
Oogdruppels
Hulp met vervoer sluit in vervoer na dokters, winkels, die bank, die kliniek en so meer wat vooraf gereël moet word.
Verhuring van Toerusting
Jagersbosch bied ook die verhuring van die volgende mediese toerusting aan, uiteraard onderhewig aan ‘n deposito:
Rolstoele
Looprame
Hospitaalbeddens
Toiletstoele
Toiletverhoogstukke
Ortopediese Stewels (“Moonboots”)
Eierdopmattrasbedekkings
Friedensheim Versorgingskliniek
Die Friedensheim Versorgingskliniek het onlangs ‘n opgradering ondergaan en nuwe toerusting en uitrusting is aangekoop is.
Hierdie dienste, waarvoor u ‘n afspraak moet maak, sluit in:
Toetse – Bloeddruk, Bloedsuiker, Cholesterol asook Urine
Dienste – Wondsorg, Oogdruppels, Voetesorg, Trek van bloed, Inspuitings, Evaluasies, asook die Verwydering van wondsteke/chirurgiese krammetjies.