Melkhoutfontein
“Versorging is die wese van Verpleging.”
Jean Watson (Amerikaanse Verplegingsteoretikus)
Jagersbosch – Melkhoutfontein
Die Jagersbosch-fasiliteit op Melkhoutfontein maak voorsiening vir 3 tipes dienste, naamlik: Gestremdheid, Afhanklike Verblyf en Onafhanklike Verblyf.
Die Gestremdheidsprojek bestaan uit ‘n werkswinkel wat voorsiening maak vir tot 25 persone.
Die Afhanklike Verblyfsprojek, op sy beurt, maak voorsiening vir verblyf, asook beperkte versorging, vir 10 persone in die Stillerus-gebou.
Daarenteen maak die Onafhanklike Verblyfsprojek voorsiening vir verblyf vir 10 persone wat in aparte huisies woon.
Soeterus Sorgsentrum
“Die beste klaskamer in die wêreld is aan die voete van ‘n bejaarde persoon…”
Andy Rooney
Soeterus Sorgsentrum
Die Soeterus Sorgsentrum is geleë in Melkhoutfontein en het 7 huisies wat huidiglik (2019) 9 persone huisves.
Hierdie fasiliteit word geklassifiseer onder Onafhanklike Verblyf, wat natuurlik beteken die inwoners sorg vir hulleself en leef onafhanklik van hulp.
Soeterus-saal
Die Soeterus-fasiliteit op Melkhoutfontein beskik ook oor ‘n saal waar verskeie aktiwiteite vir die inwoners plaasvind.
Hierdie saal is ook toegerus met ‘n kombuis en kan uitverhuur word vir funksies. Dit is ideal vir klein troues, verjaarsdae, begrafnisfunksies en so meer.
Stillerus Sorgsentrum
“Moet my tog nie verwerp noudat ek oud geword het nie, moet my tog nie alleen laat noudat my kragte ingegee het nie.”
Psalm 71:9
Stillerus Sorgsentrum
Ook geleë in Melkhoutfontein, is die Stillerus Sorgsentrum. Hierdie fasiliteit word geklassifiseer onder Afhanklike Verblyf en het huidiglik (2019) 9 inwoners.
Hierdie persone benodig hulp met hulle daaglikse behoeftes soos kos, wasgoed, en so meer. Daar is tans 2 versorgers wat gedurende die dag na hulle omsien.
Hierdie fasiliteit kan ongelukkig nie verswakte persone akkommodeer nie.
Verder het Stillerus ook ‘n dagsorgdiens. Lede wat gebruik maak van die dagsorg hoef nie noodwendig bejaard te wees nie, in kort, dit is toeganklik vir enige lid wat dagsorg benodig.
Dagsorg vir Persone met Gestremdhede
“Elke persoon met ‘n gestremdheid is ‘n individu.”
Itzhak Perlman
Kwikstertjies – Dagsorg vir Persone met Gestremdhede
Hierdie dagsorgfasiliteit vir volwassenes met verskillende gestremdhede is begin in 2016.
Die geboutjie kan tot 25 persone akkommodeer wat daagliks daar met verskeie konstruktiewe aktiwiteite besiggehou word, soos knip-, brei-, verf- en plakwerk, en nog meer. Hulle ontvang ook daagliks ‘n gesonde maaltyd en ander verversings.
Wanneer daar ‘n bemarkingsgeleentheid opduik, bied hulle ook hulle produkte te koop aan, gewoonlik met groot sukses.
Hulle bestaan is afhanklik van gereelde skenkings uit die gemeenskap asook van goedgesinde besighede.
Sorgeenhede
“’n Eenvoudige gebaar van omgee veroorsaak ‘n eindelose rimpeleffek.”
Anoniem