Jagersbosch

Voedseldiens

“Want Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was ‘n vreemdeling en julle het My gehuisves…”

Jesus Christus, Matteus 25:35 

Voedseldiens

Bevrore geregte wissel van pasteie (soos hoender-, maalvleis-, bief-en-niertjie-, kamma wilds- en beesblokkiepastei), tot lasagna, bobotie, en so meer. Voorraad is egter beperk.

  • Jagersbosch verskaf etes op Sondae, Maandae tot Vrydae, maar geen etes word op Saterdae of publieke vakansiedae verskaf nie.
  • Alle etes, insluitende bevrore geregte, kan afgehaal word vanaf 11:30
  • Aansitetes op Sondae word om 12:00 bedien en die saal word vanaf 13:30 opgeruim.
  • Etes word teen ‘n tarief afgelewer wat vooraf by die kantoor betaalbaar is.
  • Alle etes moet op die vorige dag voor 3-uur die middag bestel word. Etes vir Maandae en Sondae moet op die vorige Vrydag bestel word.
  • Bestel u etes 13h00 by Die Waenhuis (028-754-3489) en betaal vir u kaartjie by die Jagersbosch-kantoor.
  • Geen etes kan afgehaal of afgelewer word sonder ‘n kaartjie nie, tensy u vooraf reëlings by die kantoor getref het nie.
  • Sondagetes kan by Die Waenhuis op bestelling bedien word, bespreek asseblief Vrydae, etes is beperk tot 90 persone.
Waenhuis se Kombuis