“Ek sê nie vir jou dit gaan maklik wees nie. Ek sê vir jou dit gaan die moeite werd wees.”
Art Williams
Vrywilligers
Jagersbosch verwelkom enige Vrywilligers, mans sowel as dames, wat gewillig is om te help met bedryfs- en befondsingsaktiwiteite.
Die Jagersbosch-personeel kan dit eenvoudig net nie alleen behartig nie.
Ons het die hulp van iedereen in die gemeenskap nodig:
Beplanners en Doeners Sterkes en Kreatiewes Bemarkers en Verkoopsmense Musiekjoggies en Versierders Gasvrouens en Gashere Baksters en Kokke, Skoonmakers en Opruimers En Enigiets Tussenin
Jagersbosch se Direksie, Bestuur en elke Personeellid bedank elke Vrywilliger wat hul tyd opoffer om Jagersbosch volhoubaar te hou. Sonder u vriendelike hulp, sal ons eenvoudig nie die diens kan lewer nie.